Friday, 1 May 2026

Libby Audiobook: Kantelpunt, Sophia Kapp

 


Ek het hierdie boek ongelooflik geniet. Ek het na die oudioboek geluister en kon elke dag nie wag om verder te luister nie. Dit was werklik baie goed, al was dit op plekke ’n klein bietjie langdradig.

Wat my die meeste geraak het, en nogal laat nadink het, is hoe maklik hierdie storie my eie lewe kon gewees het as ek ander besluite geneem het. As ek byvoorbeeld besluit het om met MB te trou. Hendrik in die verhaal het my sterk aan hom herinner. MB het my gelukkig nooit fisies seergemaak nie, maar die jaloesie en daardie stiltes… ek onthou hoe hy my ’n hele naweek geïgnoreer het oor iets so klein soos ’n pakkie sop wat ek vergeet het.

Dit laat mens besef hoe fyn die lyn soms is tussen twee heeltemal verskillende lewenspaaie. Ek is net ongelooflik dankbaar vir hoe dinge uiteindelik uitgewerk het.

Die verteller van die oudioboek was ook uitstekend.

4.8/5

No comments:

Post a Comment