Sjoe, ek is verbaas dat hierdie 'n kinderboek is! Op bladsy een word ons vertel dat Skoonlief se ouers vermoor was deur Brolloks een aand terwyl hulle geslaap het en dat hy haar ontvoer het en in sy spelonk aan gehou het!
Dit is 'hectic'! En mens vind eers op die nippertjie uit of Bertie ooit weer terug getoor gaan word van 'n likkewaan tot 'n seuntjie.
Hoekom het ek 'n kinderboek gelees? Ek het so 'n ruk terug "The Happiness Project" gelees; een van die dinge wat Gretchen Rubin van geskryf het is dat sy kinderliteratuur geniet en selfs 'n kinderliteratuur leesgroep begin het. Ek het geen behoefte om so 'n groep te begin nie; maar was nuuskierig om bietjie te kyk na die boeke wat ek as kind gelees het. My Ma het al my boeke gehou, so dit was maklik om een te kies. Ek moet bieg dat ek GLAD nie die storie van Brolloks en Bittergal kon onthou nie, dus dit gekies. Nie heeltemal seker dat ek die boek sal aanbeveel vir kinders nie. Ek het dit nogal geniet om iets heeltemal anders te lees; ek is nie seker dat ek heeltemal reg is vir Jantjie Slang nie, miskien Kallie en die Sjokolandefabriek?
Goeie naand.
ReplyDeleteMy ma is 86 en vertel my so baie van Brolloks en Bittergal en dat dit haar eerste storieboek was. Ek wil vreeslik graag vir haar n kopie van die boek gee. Weet jy waar ek een kan kry? Dit lyk asof dit oral uitverkoop is. Seker omdat dit n ou boek is. Kontak my gerus op christagreyling@yahoo.com
Baie Dankie!
Ai, ek sien nou eers jou boodskap! Dankie vir jou geduld :)
DeleteEk sien dat 'Loot' moontlik 'n kopie het: https://www.loot.co.za/product/nelda-vermaak-brolloks-en-bittergal/tcdj-12-g670